Baard en ’n vat vol wyn
Sekere manne mág maar baard dra. Samarie Smith het die Bot rivierwynmakers se baarde gaan beoordeel en nuwe wyn juwele gaan soek.

PeterAlan Finlayson van Crystallum, Braam Gericke en sy seun van Wildekrans, Kobie Viljoen van Gabriëlskloof en voor is PJ Geyer van Barton met sy wenbaard. Foto’s: SAMARIE SMITH
As dogtertjies het ons gewoond geraak aan die legendariese baarde van Kersva- der en Heidi se oupa.
Maar toe ons grootgeword het, het ons skielik agtergekom dat daardie selfde baarde nou op Adonisse soos Johnny Depp en Aragorn van The Lord of the Rings groei.
Hoor ’n vrou – jonk of oud – daai diep stem onder Sean Connery se wit baard, word die gryse hemel skielik blou en die swaeltjies kom terug ná die winter.
Hier in die Kaap is ons gelukkig ge- noeg om ’n plaaslike eweknie van dié helde te hê, in die persoon van Peter Fin- layson van Bouchard Finlayson-wyne.
Seker dié dat die wynmakers van Bot- rivier dit goed gedink het om in die voet- spore van groot bebaarde gestaltes te volg en die einde van die 2012-oesjaar on- der baard te vier.
Die tradisie van “Beards & Barrels” sorg vir groot geesdrif wanneer die oes in die Overberg afgesluit word. Vanjaar was dit gehou by The Old Shed op die Anysbos-plaas – met ’n vark op die spit, plaaslike disse en ’n boereorkes.
In die wyne is daar altyd iets nuuts of besonders wat wag: Ryper en meer ele- gante sauvignon blanc, chenin en viog- nier; ’n Portugese kultivar soos verdelho; diep en aardse rooies soos shiraz, mour- vedre tot pinot noir; gehout en ongehoute chardonnay-juwele; en hul eie vonkels.
Die wynstyle is so uiteenlopend soos die wynmakers se baarde: Daar was alles van Amies, Boerseun, digter-filosoof, iets uit ’n hygroman, ’n seerower tot hul eie Spaanse veroweraar. Dit was juis dié ve- roweraar wat die titel van Beste Baard verower het.
Die braai-en-baard-aand was natuurlik ook ’n geleentheid om die jongste oesjaar uit die vate met besoekers te deel.

Sabastian Beaumont van Beaumontwyne laat die besoekers van die jonger shiraz mourvedre versnit proe.
Volgens Sabastian Beaumont van Beaumont-wyne is baardgroei net so ’n ernstige besigheid soos wynmaak.
“Dit verg tyd – drie maande om pre-
sies te wees. Dit verg ook baie moeite, veral om deur daai jeukerige fase te kom. Daarna is dit uithouvermoë – en om jou vrou te oorreed waarom dit die moeite werd is om nóg twee maande vir daardie behoorlike soen te wag,” lag hy. Maar nou voel hy skoon kaal daar son- der, erken hy.
In Leon Engelke van Eerste Hoop-wyne se geval moes sy geliefde, Melissa Nelson van Genevieve, haar kosbare tyd voor die spieël afstaan sodat hy homself elke oggend op sy eie tyd kon roskam.
Arme PJ Geyer van Barton, die wen- ner, het elke oomblik gehaat, vertel hy.
“Alles sit daaraan vas. Die ding be- weeg terwyl jy praat en ek het twee maande net piksoentjies by my verloofde gekry. Maar vir dié omgewing en sy tra- disies doen ek dit weer.”
Al die geld wat ingesamel is, is aan die Botrivier Education Foundation geskenk. Geyer het sy prysgeld ook geskenk.
Peter Finlayson, ’n elegante pinot noir kán jy maak. Dalk kan jy die manne nou ’n ding of twee oor die fyner truuks van baardgroei leer.
Die Burger, Saterdag 8 April 2012
Barrel Lunch – 9th June 2013




